| Additional |
Ten volle toegeruste selfsorg verblyf vir 'n onvergeetlike wegbreek! Ideaal vir groepe en gesinne. Bloempoort Jag & Hengel is geleë net buite Groblersdal in Limpopo. Dit bestaan uit 1000 ha gemengde bosveld met 'n privaatdam. Die plaas vertoon golwend met hoë koppies, rante, dreineringslote en oper boomveld gedeeltes. Boogjag kan gedurende die jagseisoen beoefen word, en hengel heeljaar. Die dam wemel met Barber, Karp, Kurper en Swartbaars. Dis ook 'n voëlkykers-paradys. 'n Groot verskeidenheid spesies eiesoortig aan omgewing kan besigtig word. |